A C T I V E Networking that works...!

Welcome to friendsofgeorge - Networking at its best....!
Saturday, November 18 2017 @ 02:46 am SAST

Jong vrou sterf in ongeluk




GEORGE NUUS - 'n Jong vrou van George, Caroline van der Merwe, het gisteraand in 'n noodlottige botsing in Knysnaweg gesterf.

3 Voertuie - 'n Peugeot, Chevrolet Sonic en 'n Volkswagen Caddy - was in die gru-botsing betrokke omstreeks 23:00 naby die Glenwood-gholfbaan.

Caroline was die bestuurder van die Peugeot.
Sy is op die toneel dood verklaar en reddingswerkers moes haar liggaam met meganiese kake uit die wrak lossny.

Twee manlike passasiers wat saam met haar in die motors was, moes ook uitgesny word. Albei is na die Mediclinic George geneem.

In die Chevrolet Sonic, wat ook erg beskadig is, was twee mense. Albei is ook na die Mediclinic geneem sowel as die bestuurder van die Caddy. Hy was alleen in die voertuig.

Dit is in die stadium onduidelik presies wat gebeur het.

ER24, Metro-nooddienste, Eden 911, verkeer, die polisie en brandweer was tot na midderdag op die toneel om na die beseerdes om te sien en die wrakstukke, wat oor die pad gestrooi was, op te ruim.

'n Gedeelte van die pad was vir 'n geruime tyd vir verkeer gesluit met verkeer wat deur die aangrensende woonbuurt herlei is.





Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar word.
Jong vrou sterf in ongeluk | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.