A C T I V E Networking that works...!

Welcome to friendsofgeorge - Networking at its best....!
Saturday, July 22 2017 @ 06:35 pm SAST

Kokaïen & tik van R20 miljoen in motor gekry




Kokaïen (Generiese foto)

SUID-KAAP NUUS - Twee mense, 'n man en vrou, is Sondagoggend (28 Mei) op die N1 naby Beaufort-Wes in hegtenis geneem nadat kokaïen en tik van sowat R20,5 miljoen in die motor waarmee hulle gery het, gevind is.

Hulle was onderweg van Johannesburg na Kaapstad.

Die 52 kg tik en 5,5 kg kokaïen was in plastieksakke in die kattebak van die voertuig versteek.

Beide verdagtes, ’n Nigeriese man (49) en ’n Zimbabwiese vrou (28), het vroeër die week in die hof op Beaufort-Wes verskyn waar hul saak tot volgende Maandag (5 Junie) uitgestel is vir 'n formele borgtogaansoek.
Kokaïen & tik van R20 miljoen in motor gekry | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.