A C T I V E Networking that works...!

Welcome to friendsofgeorge - Networking at its best....!
Monday, December 11 2017 @ 07:32 am SAST

SPAR express Kraaibosch brei uit



Beantree Cafe bied die heerlikste koffie 24 ure van die dag.

Advertorial

BESIGHEID NUUS - Daar is opwindende nuwe verwikkelinge by die 24-uur SPAR express by Shell Kraaibosch.

Dié onderneming het nie net in die laaste drie maande groot verbeteringe aangebring nie, maar die winkel is ook uitgebrei om 'n groter verskeidenheid produkte te lewer.

Die winkel spog met kraakvars produkte wat daagliks van plaaslike leweransiers verkry word, verruklike slaaie en ander disse gereed vir die tafel, 'n groot verskeidenheid kruideniersware, suiwel- en vleisprodukte asook die baie gewilde Beantree Cafe.

Dié koffiekroeg bied die heerlikste koffie en gehalte kos op hul billike spyskaart. Loer gerus hier in vir ontbyt, middagete of 'n middernaghappie.

Hulle is altyd oop.

"Ons is baie opgewonde oor die potensiaal van die SPAR express. Dit is reeds baie gewild onder klante en nou ook bekend vir sy kwaliteit geriefsmaaltye," sê Gustav Hofmeister.

Hofmeister is ook die ervare eienaar van die KWIKSPAR op Wilderness.

Weens 'n gebrek aan tyd en om die beste diens te kan lewer het SPAR express Kraaibosch se eienaar, Morné Strauss, Hofmeister genader om die winkel se volle potensiaal te ontgin.



Vars produkte word daagliks hier afgelewer.

"Ek is baie opgewonde oor die kombinasie van ons kundigheid. Sedert Gustav by ons aangesluit het is daar reeds 'n groot verskil. Ons vul mekaar goed aan," het Strauss aan die George Herald gesê.

Hierdie topklas-onderneming stop egter nie daar nie. Hulle spog met OTM’s van FNB, Absa, Standard en Nedbank, hulle personeel ondergaan ook deurlopende opleiding om aan klante die beste diens te lewer en vroeg in Desember maak Steers sy deure op die perseel oop.



Shavona Petersen, Amanda Botha, Gustav Hofmeister en René Terblanche. 'n Formidabele span wat SPAR express @ Kraaibosch tot nuwe hoogtes gaan neem. Foto's: Kristy Kolberg

"Ons streef daarna om die winkel op dieselfde vlak as Shell Kraaibosch, wat vanjaar as die beste Shell in die land aangewys is, te kry.

"Ons wil die maatstaf vir geriefswinkels in Suid-Afrika wees," sê Strauss.
SPAR express Kraaibosch brei uit | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.