A C T I V E Networking that works...!

Welcome to friendsofgeorge - Networking at its best....!
Tuesday, December 18 2018 @ 02:55 pm UTC

Eden skiet in kol aan Weskus

- GENERAL NEWS

Junior voue is van links Zelda Delport, Janine Nigrini, Anita Butler, Junita van Zyl en Ashley Butler.

SUID-KAAP NUUS - Jacques du Plooy (manswenner), Junita van Zyl (vroue - derde) en Leras van Zyl (junior - derde) is drie Eden-skietkampioene wat tydens die afgelope Wes-Kaapse inter-distrikte-skietkampioenskappe presteer het.

Die kampioenskappe tussen Eden, Kaapstad, Westelike Provinsie en Wynland is die naweek van 19-21 Oktober aan die Weskus afgehandel.

161 skuts het aan die kampioenskappe deelgeneem.

Die kompetisie wat strek oor drie bene tussen die mans-, vroue- en junior spanne van die onderskeie distrikte is deur die loop van 2018 te George, Montagu en laastens Yzerfontein beslis tussen die onderskeie spanne.

Edenjaggeweerskiet in samerwerking met die Eden-sportraad se volgehoue ondersteuning in junior en vroue-ontwikkeling van dié skietsport is weer in 2018 beloon deurdat Eden se vroue- en junior span die reeks as oorwinnaars afgesluit het, met Eden mans in die tweede plek.

Die reeks skep die geleentheid vir kompeterende skuts om amptelike erkenning te kry en word die skut se harde werk en tyd wat ingesit is deur die jaar met provinsiale kleure beloon. Daar is tans sewe van Edenjaggeweerskiet se lede in die nasionale top 50-ranglys, wat insluit een vrou en twee juniors.



Manswenners is van links Freek Zeelie, Niaan Fourie, Christo Delport, Jacques du Plooy en Fanie van Staden.

______________________________________end__________

Eden skiet in kol aan Weskus | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.