A C T I V E Networking that works...!

Welcome to friendsofgeorge - Networking at its best....!
Saturday, September 21 2019 @ 06:39 am UTC

NUWE OOGKUNDIGE REEDS TUIS IN GEORGE

- GEORGE NEWSNUWE OOGKUNDIGE REEDS TUIS IN GEORGE



Shani Myburgh.
Advertorial

GEORGE SAKE-NUUS - Martin Botha, die eienaar en oogkundige van Outeniqua Oogkundiges, wil graag vir Shani Myburgh bekend stel aan George.

Shani het in Oktober 2018 by Outeniqua Oogkundiges aangesluit en sal dus al reeds aan van die lesers bekend wees.

Shani het aan die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) haar Baccalaureus-graad in optometrie verkry. Sy was die laaste drie jaar werksaam in Somerset-Wes by Colin van Wyk Oogkundiges waarna sy en haar man Marius Myburgh na Rheebok verhuis het.

Shani het veral 'n voorliefde vir kinders en is dus bereid om vir kinders onder die ouderdom van 12 jaar, gratis visuele siftingstoetse te doen.

Dit is om te verseker dat hulle nie agter raak met hulle skoolwerk as gevolg van visuele probleme nie.

Shani is ook baie behendig met laevisie-hulpmiddels vir persone wat sukkel met oogsiektes soos onder andere makulêre degenerasie en gloukoom wat hul visie inkort en waar 'n bril alleenlik nie genoeg is nie.

Outeniqua Oogkundiges het reeds 17 jaar gelede, in Maart 2002, in George tot stand gekom.

Met Shani se aanstelling glo Martin dat die praktyk net van krag tot krag sal gaan en dat die George publiek ook vir haar sal ondersteun soos hulle reeds die afgelope 17 jaar vir hom doen.

Outeniqua Oogkundiges glo daaraan om slegs die beste kwaliteit brilrame en lense te gebruik teen 'n bekostigbare prys. Sodoende word daar verseker dat jy as pasiënt die beste moontlike visie en gemak sal ervaar.

Dit is die praktyk se beleid om die beste moontlike oogsorg aan al hulle pasiënte te verskaf en word hulle oogtoetse 45 minute uitmekaar bespreek.

Die praktyk beskik ook oor 'n fundus-kamera waarmee foto's van die retina geneem word met elke volledige oogtoets. Hierdie foto's is baie noodsaaklik om byvoorbeeld diabetiese retinopatie of makulêre degenerasie te monitor of vroegtydig op te spoor.

Skakel vandag nog 044 871 2931 en maak 'n afspraak vir u volgende oogtoets.

_______________________________________________________________end___

NUWE OOGKUNDIGE REEDS TUIS IN GEORGE | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.