A C T I V E Networking that works...!

Welcome to friendsofgeorge - Networking at its best....!
Sunday, October 13 2019 @ 07:57 pm UTC

VOORTREKKERS TREK SAAM BY SEE IN SWARTVLEI

- GENERAL NEWS


Die weer het darem meeste van die tyd saamgespeel.

GEORGE NUUS - Nie eers die moontlikheid van slegte weer kon verlede week die geesdrif demp toe Voortrekkers van oor Suid-Afrika bymekaargekom het vir hul jaarlikse kamp by Swartvlei buite Sedgefield nie.

Die sowat 520 kinders, voorskools tot gr. 7 en sowat 180 volwassenes, het saamgetrek vir 'n Voortrekker-gebiedskamp. Die kinders was hoofsaaklik van Gauteng, Limpopo, Noordwes en Mpumalanga. Daar was ook kinders van die Wes-Kaap.

In 'n stadium verlede week het die organiseerders 'n weerwaarskuwing ontvang dat slegte weer op pad is en teen die naweek die gebied sou bereik.

Daar is toe besluit om die tente as voorsorgmaatreël al Vrydag af te slaan en die kinders is in sale by Sedgefield gehuisves.

_____________________________________________________________________end___

VOORTREKKERS TREK SAAM BY SEE IN SWARTVLEI | 0 comments | Create New Account
The following comments are owned by whomever posted them. This site is not responsible for what they say.